Loading...

Boere Nuus



Die Vryburger

Virus bokspring na 927 infeksies

Die ANC se president, Cyril Ramaphosa het gisteraand aangekondig dat Suid-Afrika nou 927 gevalle van infeksie het, en gewaarsku dat daar streng opgetree sal word teen mense wat die inperkings maatreëls oortree en ignoreer.

Dit is duidelik dat die regime erg bekommerd is oor die stygende infeksies omdat die land se staatshospitale in ’n chaotiese toestand verkeer en die personeel meestal onopgelei is vir die krisis, en baie verpleeg personeel ongedissiplineerd is.

Sulke hospitale sal nie kan doen wat in ’n hospitaal gedoen moet word in krisis situasies soos wat tans die geval is nie, en die Ramaphosa bewind is daarvan bewus.

Dit is een van die hoofredes waarom die land so gou in ’n inperkings fase gedompel is, want te veel mense gaan die sukkelende en chaotiese hospitaaldienste benodig, en die ontwrigting nog groter maak.

Virus bokspring in SA

Die infeksie gevalle het die afgelope 24 uur sedert Dinsdag met 154 nuwe gevalle gestyg en kom te staan op meer as 709 terwyl die hospitale al besiger raak om pasiënte te versorg.

Die moontlikheid van nog groter spronge in infeksie gevalle word voorsien, en daarmee word SA se powere hospitalisasie onder hewige druk geplaas.

Kenners het aan Die Vryburger gesê dit is uiters onverantwoordelik van mense om nou soos “mak skape” in winkels saam te drom om ’n paar inkopies te doen en daarmee hulle gesondheid, en selfs hulle lewe op die spel te plaas.

As 164 nuwe gevalle per dag aangeteken word, bestaan die sekerheid dat die 1,000 merk binne enkele dae bereik gaan word, en kan dit beteken dat die 21 dae inperking nie voldoende gaan wees om die omkeer stadium te bereik nie.

Te midde van die regering se oproep om nie paniek aankope te doen nie, steur mense hulle nie daaraan nie, en noodsaaklike lewensmiddele is nou beperk tot die paniek-kopers.

Die wereld “sluit af”

Die ganse wêreld is besig om sy aktiwiteite af te sluit weens die pandemie wat deur ’n virus uit Sjina veroorsaak is.

Meningsvormers in die Westerse lande is van oordeel dat Sjina verantwoordelik gehou kan word vir die pandemie aangesien hy nie voorsorg getref het om die eerste gevalle onmiddellik onder kwarantyn te plaas en bewing in en uit die gebied te stop nie.

Nou is die wêreld besig om byna tot stilstand te kom. Kanada, Nieu-Seeland, Brittanje, Frankryk, Italië, Suid-Afrika en talle ander lande het een sterk boodskap aan sy mense: Bly by die huis.

Daarmee word die strate van elke stad stiller, behalwe kos en mediese verkoopspunte, is winkeldeure gegrendel en krepeer duisende getroue werkers wat nou tuis moet bly.

Die stilstand hou weinige voordele in, behalwe dat dit die vlaag van nuwe virus infeksies kan stuit of verminder, en gee dit navorsers die geleentheid om hulle koorsagtige navorsing doelgerig voort te sit.

SA: Virus gee groot spronge

Sedert Vrydag toe 202 infeksie gevalle aangemeld was, het die koronavirus letterlik met groot spronge begin toe dit Saterdagmiddag reeds verby die 240 merk getel het.

Die owerheid se versekering dat alles onder beheer is en dat SA gereed is vir die krisis, word nou allerweë betwyfel deur deskundiges wat op hoogte is van die virus se verspreiding metodes.

Ingeligte bronne waarsku dat die 240 wat tans op rekord is, redelik vroeg Saterdagoggend bepaal is, en dat die werklike syfers aansienlik anders sou lyk teen die einde van Saterdag.

Die feit dat 38 nuwe infeksie gevalle binne 24 uur aangemeld is, bied rede tot ernstige kommer, en wil dit lyk asof die verspreiding nou besig is om handuit te ruk.

Vervroegde skool sluiting wek kommer

Die Departement van Onderwys se besluit om openbare skole vroeër te sluit, het kommer en ontevredenheid by ouers veroorsaak.

Die openbare skole het Woensdag om 11h00 gesluit en sou volgens die kalenders eers Vrydag gewees het, aangesien die vrees vir koronavirus infeksie aan die toeneem is.

Ouers reken die besluit is ondeurdag want kinders is waarskynlik veiliger in die skool se klaskamers as in die fliek teaters en groot koopsentrums waar hulle nou hulle tyd verwyl.

Toegewyde leerlinge sê hulle probeer eerder die tyd benut deur studiewerk te hersien, maar kla oor die vooruitsig dat hulle wel later in die jaar meer skooldae sal kry om op te vang wat nou verloor is.

Kommer is uitgespreek deur leerkragte dat swak resultate aan die einde van die skooljaar toegedig gaan word aan die uitbreking van die koronavirus.

Openbare vervoer kom tot stilstand

Die grootste deel van die vervoerdiens in Suid-Afrika het Vrydag tot ’n stilstand gekom, met enkele uitsonderings soos die noodsaaklike vervoer van steenkool vir die opwekking van elektrisiteit.

Dit volg nadat die aankondiging dur Ramaphosa gemaak is dat ’n inperking van 21 dae van krag word op die hele Suid-Afrika ten einde die virus verspreiding teen te staan.

Die taxi bedryf, busse en treine wat mense vervoer, het tot stilstand gekom, en die 15 miljoen mense wat op ’n daaglikse basis vervoer moet word, is nêrens te sien nie, behalwe die klompie wat in ’n kruidenierswinkel of apteek is om noodsaaklike lewensmiddele aan te vul.

Taxi voertuie mag slegs beweeg as hulle mense vervoer wat in poste van noodsaaklike dienste is soos uiteengesit in die Wet op Nasionale Ramp Bestuur. Taxi voertuie mag glo hoogstens vier mense in ’n voertuig wees in so ’n geval.

Koronavirus saai verwoesting

Die wêreldwye pandemie van koronavirus uitbreking het nou reeds 470,000 bevestigde gevalle van infeksie aangekondig, en meer as 21,000 mense het reeds met hulle lewens daarvoor betaal.

In die VSA is 70,000 mense met infeksie en meer as ’n 1,000 sterftes is aangemeld. Die VSA Senaat hou vandag stemming om $2 triljoen goedgekeur te kry en die VSA se Laer Huis moet dit ook goedkeur ten einde die geweldige vinnige verspreiding te probeer stuit.

Italië is tans die land met die grootste sterftesyfer, en Spanje kort op sy hakke, met Sjina in die derde plek.

Sjina het nagelaat om behoorlike beheer uit te oefen op mense wat van buite die land binnegaan, met die gevolg dat hy sy nul-punt nuwe gevalle van infeksie verloor het, en nou reeds tussen 30 en 50 nuwe gevalle per dag aanmeld van mense wat met infeksie die land binnegaan.

Duisende infeksies, duisende sterftes

Volgens gegewens wat deur die Verenigde Nasies se Wêreld Gesondheid Organisasie, het meer as 377,000 mense wêreldwyd infeksie opgedoen, en meer as 16,500 het reeds gesterf.

Die Organisasie wys daarop dat die infeksie syfer steeds ’n stygende tendens toon, en die situasie kan nog baie lank duur.

Italië se sterftes is verby die 600 merk, en in ’n groot aantal lande is die virus verspreiding nou eers in ’n begin stadium, en dit gee rede tot ernstige kommer.

Die Kanadese premier, sowel as die Spaanse Eerste Minister sê die gevaar van die koronavirus is so groot, die wereld in in ’n oorlog gewikkel.

Met ’n stilte in Rusland, asook in Kuba en Noord-Korea, word gegis dat die saak so ernstig geword het dat politieke leiers verkies om doodstil te bly, alhoewel dit bekend is dat die Noord-Koreane nie daarvan hou om negatiewe gebeure in hulle land bekend te maak nie.

Italiaanse dodetal spring verby 2,000

Die regering van Italië het klaarblyklik e lank gewag voordat drastiese stappe ingestel is om t voorkom dat die dodetal verby die 2,000 merk styg.

Die Italiaanse parlement het nou 25 miljard euro goedgekeur wat aangewend kan word om die verbrokkelende ekonomie en die enorme sterftes en verspreiding van die koronavirus teen te werk.

Families en sakeondernemings staar algehele bankrotskap in die gesig en honderde gesinne het reeds die broodwinners verloor, wat die regering laat besef het dat hy wel ’n vorm van bystand sal moet gee aan die swaar geteisterde gesinne en sakeondernemings.

Die Eerste Minister, Giuseppe Conte, het gesê die regering en owerhede het nooit gedink die krisis sal die gevaarlike hoë vlak bereik nie.

Die Burgerlike Beskerming Agentskap sê die sterftes het tot 249 gespring binne 24 uur wat ’n totale sterfte op 2,158 te staan bring. Dit is ’n vermeerdering van bykans 20% teenoor die vorige dag se syfers.

Koronavirus

Wêreldwye toestand

Maandag was die totale aantal infeksies in die wêreld gereken op meer as 110,000 gevalle, en die sterftes het nou die 3,600 merk bereik. Wetenskaplikes meen egter die toestand is reeds aan die bedaar, en het gemaan dat mense wel versigtig moet wees, maar dat daar geen rede vir paniek is nie aangesien die virus soortgelyk is aan ’n swaar griep aanval wat met die nodige behandeling, gou herstel.

Sjina

Die Sjinese regering sê geen nuwe gevalle van infeksie is die naweek aangemeld nie, wat ’n aanduiding is dat die ergste krisis oorkom is in die land.

Italië

Die regering van Italië het miljoene mense in Lombardye ingeperk om nie te reis nie ten eind die virus verspreiding te bekamp, aangesien die land nou meer as 6,500 gevalle van infeksie het, en sowat 250 mense reeds gesterf het.

Suid-Korea

Die Skiereiland het tans meer as 4,000 gevalle van infeksie, en noodmaatreëls is ingestel wat insluit die verskuiwing van sulke mense na ’n kwarantyn gebied, sowat 250 km weg van die hoofstad.

Suid-Afrika

Alhoewel die regering gesê het hy is in alle opsigte gereed om die krisis te hanteer, het die derde geval nou eers bekend geword, wat beteken dat talle ander mense nou opgespoor moet word wat in aanraking met die pasiënte was. Die regering beskik nog nie oor ’n kwarantyn gebied nie, en is dus volgens kenners, hoegenaamd nie gereed om die krisis te hanteer nie.

Saoedi Arabië

Die regering van Saoedi het die verbintenisse met nege lande opgeskort uit vrees vir ’n toename is die verspreiding van die virus, veral in die lig van Iran se groot aantal sterftes en gevalle van infeksie.



steedener weg , 65594 Runkel