Loading...

Doen dit self




W3.CSS Template
 

DOEN DIT SELF

Welcome to RADIO SPRINGBOK

Oulike
Blompotte { Doen-dit-self }

Pragtige dekor hoef nie ‘n plaas se geld te kos nie. Maak dit self! Ons wys vandag vir julle hoe om hierdie oulike blompotjies te maak. Al wat jy benodig is blikke, ‘n bietjie kant en gom!
1.Versamel blikke in verskillende groottes. Laat lê dit in water tot die etikette los kom. Laat dit deeglik droog word.
2.Meet mooi hoeveel kant jy gaan benodig deur die omtrek van die blikkie te meet met ‘n stukkie tou. Knip die kant so 2cm langer om spasie te maak vir die gom.
3.Draai die stukkie kant om die blik en gom dit vas. En siedaar! Maklik, nê?!
Wees kreatief en gebruik verskillende kleure kant om jou blikke mee te versier of vul dit met verskillende blomme en plantjies vir ‘n vrolike voorkoms. Jy kan met verskillende breedtes materiaal en kant ook speel.

Blom-lampies
As jy jammer voel om ou gloeilampe weg te gooi, is dié een van die mooiste maniere waarop jy dit kan herwin.


Jy benodig • ou gloeilamp • dun draad vir die handvatseltjie • klein
handboor (soos ’n Dremel-boor) • ystersaag • draadknipper • ander gereedskap (hamer, tang, skroewedraaiers, ens.) • veiligheidsbril • skuurpapier • houtblokkie • sagte lap
 
 
So maak jy
1 Hou die glasbol van die gloeilamp in ’n sagte lap vas, laat die inskroef-gedeelte op ’n houtblokkie rus en saag die punt al om die rand af – draai die lamp soos jy saag, tot die hele punt af is.


 


 
2 Sit jou veiligheidsbril op en steek ’n skroewedraaier met ’n dun punt in die gloeilamp in om die glasstammetjie met die draadjies aan te breek. Die gebreekte stukkies sal in die lampie val (los dit eers daar), maar daar sal nog glas om die opening agterbly.
 
 
3 Verwyder dié glas met ’n dikker skroewedraaier. Laat die lampie op die sagte lap staan en tik met ’n hamer op die skroewedraaier se handvatsel om die glas binnetoe te laat breek. Dit behoort redelik maklik los te kom, so moenie te hard kap nie.


 


 
 
4 Verwyder die laaste bietjie glas om die binnerand ook met die skroewedraaier – kap liggies tot dit loskom. Gooi al die glasstukkies uit.
 
5 Rol ’n stukkie growwe skuurpapier op en skuur die binnerand glad.
 


 
 
6 Skuur die afgesaagde aluminiumrandjie ook glad. Spoel die lampie met ’n bietjie warm seepwater uit en laat dit droog word.
 

7 Boor nou twee gaatjies aan weerskante van die skroefdraad, naby die rand – dis vir die draadjie waaraan jy die blom-lampie gaan ophang.



 
8 Knip ’n stukkie draad af, druk die punte deur die gaatjies en buig dit met ’n tangetjie om die draad.


 
NOTA Ons het inskroef-gloeilampe gebruik, maar die bajonet-soort werk net so goed. Saag net die punt agter die twee pennetjies af.

 

 

 

 


Free Mission Style Porch Swing Plans in Pine


 

 

Follow our free porch swing plans to build a lovely feature for your home with our Mission style Furniture plans.

Mission style furniture has enjoyed a revival these last few years, and many people enjoy its simple, straight lines and unfussy look, that is very similar to Shaker furniture. We hope that you enjoy the look of the porch swing below, that you might be tempted to turning your hand at making one yourself with our mission furniture plans.  



 

Porch Swing Plans and Materials Needed

The porch swing shown in the illustration can be made of southern pine at a very moderate cost. It should be suspended by rustless black chains and eye-bolts passing through the lower rails. If cushions are desired they can be made up quite cheaply of elastic felt covered with denim cloth.

 

These pieces for your porch swing plans, dressed and sanded, may be bought at the mill

 

* 2 rails, 1-3/4 by 3 by 71 in., S-4-S.

 

* 1 rail, 1-3/4 by 3 by 65 in., S-4-S.

 

* 2 posts, 1-3/4 by 3 by 25 in., S-4-S.

 

* 2 posts, 1-3/4 by 3 by 17 in., S-4-S.

 

* 2 rails, 1-3/4 by 3 by 22-1/2 in., S-2-S.

 

* 2 arm rests, 7/8 by 4 by 28 in., S-2-S.

 

* 5 slats, 3/8 by 5 by 16 in., S-2-S.

 

* 8 ft. flooring for bottom.

 

* 2 cleats, 7/8 by 1-1/2 by 57 in., S-4-S.

 

Porch Swing Plans and Instructions

Plane and square the ends of all the rails and posts. Lay out the lap joints for the back rails and posts. Use a knife line for this and saw exactly to the line to avoid trimming with the chisel. When sawing be careful to cut exactly halfway through the thickness of each piece. In the same way make the lap joints between the front rail and posts. Have the two end rails exactly the same length and proceed to fasten the front and back posts to them, using 4-in. lag screws and washers. Bore through the posts and part way into the ends of the end rails for the lag screws.

 

Free Porch Swing Plans and Details

 
 

 

 The slats are mortised 1/2 in. into the back rails, or a 3/8-in. groove may be planed in these rails, the entire distance between joints, to receive the slats. A rabbeting plane will be needed for this. The arm rests lap over the back posts and are held to them with 2-in. round-head screws. They may be fastened to the top of the front posts with round-head screws or dowel pins.

 

Ordinary pine flooring makes a good, tight seat, or 7/8-in. board may be used if desired. Fasten the cleats, which support the seat, to the front and back lower rails with 1-1/2-in. screws.

 

To bring out the beautiful grain of southern pine, stain it brown or black and finish with two coats of waterproof varnish.

 


 



Découpage ’n bord mooi

Nog ’n pragtige ontwerperstuk met net modge podge, mooi papier en ’n bietjie verf.



Jy benodig • bord of plat bak van kleurlose glas • mooi dun papier • PVA- of handwerkverf in die kleur van jou keuse • modge podge • vernis • kwassies, roller en drupbak • handwerkmes • wit asyn en watte:
So maak jy
1 Sit die glasbord onderstebo op ’n bakkie neer sodat jy gemaklik kan werk – hou dit met wondergom vas sodat dit nie rondskuif nie. Vee die agterkant met asyn skoon om seker te maak daar is geen vingerafdrukke of vetterigheid op die glas nie.
 
2 Kry jou papier gereed. Dit moet effens groter as jou bord wees en nie te dik wees nie. Ons het ’n kleurfotostaat van plakboekpapier gebruik. Verf ’n laag modge podge oor die agterkant van die bord sodra jy gereed is.

 
3 Werk vinnig en sit die papier prentjiekant ondertoe op die nat modge podge neer. Vryf dit met jou hande van die middel af uitwaarts glad en maak die hoeke ook netjies – wees versigtig dat die papier nie skeur nie.


 
 
4 Verf nou ’n laag modge podge oor die agterkant van die papier en vryf dit weer met jou hande glad. Laat oornag staan om droog te word. Herhaal met nog ’n laag, as jy voel dis nodig.

 
5 Sny die randjies netjies af wanneer dit heeltemal droog is.
 

6 Verf nou die agterkant met verf in die kleur van jou keuse om dit mooi af te werk. Laat heeltemal droog word en seël met ’n geskikte vernis – ons het Dala Heat Resistant Hard Varnish gebruik.

 

 

 

 

 



SUBSCRIBE

Join my mailing list to receive updates on the latest blog posts and other things.




steedener weg , 65594 Runkel