Loading...

Kinder Stories


W3.CSS Template

   

W3.CSS Template

Welkom op Kinder Stories






    

Elke keer as jy dankbaar is, sing jou hart ‘n liedjie wat net jy kan hoor. Daardie liedjie herinner jou om ‘n stukkie daarvan vir iemand anders aan te gee deur ‘n glimlag, goeie maniere of mededeelsaamheid. Dink net watter wonderlike plek sal die wêreld wees as almal onthou om ‘n stukkie van hul liedjie vir iemand anders aan te gee.

Kom ek en jy gee vandag nog ‘n dankieliedjie vir iemand aan.
Wolf verloor sy stert – Moenie skinder nie
Bladsye 132 – 137
Spotvoel verbeel hom hy is n pou – Selfrespek
Bladsye 138 – 145
Die drie wense – Moenie kwaad word nie
Bladsye 146 – 152
Wendy Maartens 
Wendy Maartens
Wendy Maartens 
kinderstorie:Apie Kenapie deur Anna EmmOp ‘n dag sit Apie Kenapie hoog bo in ‘n boom. Hy sit nog so lekker en kattekwaad uitdink, toe valdaar ‘n druppel op sy kop. “Haai!” roep hy vies. “Wie gooi my dan nou met druppels?”Hy kyk op, en sien ‘n groot blaar bokant sy kop. Die blaar maak ‘n bakkie, en daar is ‘n klompwaterdruppels in die bakkie. Elke keer as die wind die blaar roer, loop ‘n druppel water oor die rant.Dit gee mos nou vir Apie Kenapie ‘n plan!Soos blits gaan pluk hy die blaar-bakkie met die water in – baie versigtig om nie die water te stort nie.Nou gaan sit hy weer op sy tak en wag. Ook nie te lank nie, of Luiperd kom lê uitgestrek onder dieboom. Net toe Luiperd sy oë toemaak, drup Apie Kenapie ‘n druppel water van die blaar af op sykop!Luiperd skrik en kyk op. “Lyk my dit gaan reën!” roep hy vir Apie Kenapie daar bo in die boom. “Onsmoet skuiling soek!”Apie Kenapie lag tog te lekker toe Luiperd wegdraf om te gaan skuiling soek. Net toe kom Leeu ookonder die boom in die lang gras lê. Leeu het net lekker ingesluimer, toe drup Apie Kenapie ‘nwaterdruppel op sy neus!Leeu loer op na waar Apie Kenapie op die tak sit en sê: “Smaak my hier kom reën, Apie Kenapie.Ons beter skuiling soek.”Apie Kenapie lê soos hy lag toe Leeu daar weg is. Die speletjie raak nou lekker! Hy wag nie te lanknie of Zebra kom maak haar gemaklik onder die boom. Nou drup Apie Kenapie ook ‘n druppelwater op Zebra se kop! Sy kyk verskrik op in die lug en sê: “Dis mos ‘n reëndruppel, Apie Kenapie! Ekmoet my kinders gaan roep en skuiling soek. Jy beter ook dieselfde doen.”Apie Kenapie proes van die lag. Hy vang ook vir Waterbok, Luislang én die hasies so uit toe hulleonder die boom kom sit. Elke keer laat val hy ‘n druppel water uit die blaar-bakkie op hulle koppeen dan dink hulle dit gaan begin reën! Dis vir hom vreeslik snaaks.Apie Kenapie geniet sy grappie só dat hy nie sien dat die wolke begin toetrek nie. Toe die eersteswaar druppels begin val, is Apie Kenapie nogsteeds daar hoog bo in die boom. Hy reën sopnat! Entoe die weerlig begin slaan gee hy net een sprong tot onder op die grond. Hy laat spat oor die nataarde om te gaan skuiling soek.En reken bietjie? Al die diere wat droog in hulle skuilplekke lê sien vir Apie Kenapie natreën, en hullekan nie help om self toe lekker te lag nie.

Jy het regtig net 20 minute per dag nodig om ‘n kosbare slaaptydritueel met jou kind te vestig. ‘n Kind wat slaaptyd met koestering vereenselwig het ‘n voorsprong ten opsigte van emosionele, sosiale en verstandelike ontwikkeling. Maar die belangrikste bonus is die kind se ontdekkingsreis om ‘n magtige, liefdevolle, kreatiewe God te ontdek wat nooit ophou om ons te verras nie. En die seker wete dat ‘n klein mensie die groot, onverstaanbare wêreld daarbuite een treetjie op ‘n slag kan baasraak omdat hy in jou en God se omgee-spore loop.
Hou die volgende in gedagte:

  • Die klein intieme kring tussen jou en jou kind tydens stiltetyd skep ‘n gevoel van samesyn wat hom die vrymoedigheid gee om vrae te vra en oor dinge te gesels waarmee hy andersins nooit vorendag sou kom nie. Wees dus gereed vir ‘n avontuur!
  • Moenie haastig wees nie. Ontspan en probeer om die dag se probleme vir eers opsy te skuif. Jou kind is ‘n fyn waarnemer en sal gou agterkom jy “is op ‘n ander plek”.
  • Jou en jou kind se stiltetyd is persoonlik. Dit is die eerste boustene van ‘n lewenslange vertrouensverhouding. Respekteer sy privaatheid, al is hy hoe klein. Moenie iets wat hy jou vra of tydens gebed sê aan enige ander gesinslid of maat uitblaker nie, al is dit hoe oulik.
  • Die gebedjie is slegs ‘n riglyn. Jy kan dit lees en hom kans gee om met “amen” af te sluit. Laat hom toe om jou woorde te herhaal of ‘n sin by te voeg. Die keuse is syne. As hy verkies om net te luister is dit ook piekfyn.
  • Help jou kind om te begryp dat God enige tyd van die dag of nag beskikbaar is, nie net tydens stiltetyd nie. En Hy luister graag as ons praat! Moedig jou kind aan om alles wat pla of waaroor hy wonder vir God te vertel.
  • Iets om te doen” gee jou kind die geleentheid om pens en pootjies binne-in die dagstukkie te klim en met sy sintuie te ervaar. Moedig hom aan om sy verbeelding te gebruik. ‘n Kind wat kreatief kan dink, stuit nie sommer vir enige probleem in die groter wêreld daarbuite nie.
  • Die teks praat van ‘n gesinsopset met mamma, pappa, boetie en sussies. Pas asseblief die karakters na gelang van jou eie gesinsopset of situasie as versorger aan.
  • Verseker jou kind gereeld van jou liefde, maar ook van God se liefde vir kinders. Lees vir jou kind Jesus se woorde in Matteus 19:14: “Laat die kindertjies na My toe kom. God se nuwe wêreld is juis vir almal soos hulle bedoel.”


Lekker lees en lekker liefie!  En onthou: daar kruip ‘n muis weg in elke dagstukkie. Kyk of jy hom kan kry.

Afrikaanse kleuterrympies


Blink vosperd, Die kat kom weer

Bobbejaan klim die berg, Kabouterman
Duimpie, Apie, Vingerling & Trippe trappe trone
Hansie Slim, Hoedjies van papier, Tortelduifie
Hoendertjie speel, Tik- & drukspeletjie, Treinrympie & Wielie Walie
Hoe ry die boere? Perdjie

Klop, klop, klop, Handjies klap, Kennewippie
Saai die waatlemoen, Kittie, Rokkies, So ry die trein
Slaap my kindjie, Mandjie rose

Die Mooiste Afrikaanse Sprokies
 

Die mooiste Afrikaanse sprokies, vir die eerste keer in 1968 uitgegee, met herdrukke in 1984 en 1993, spog nou met 'n splinternuwe baadjie. Hierdie verhale het deur die jare gewild en bemind gebly as deel van die rykdom van Afrikaanse volksvertellings wat, benewens nuutskeppinge, geleen het van die Wes-Europese kultuur, die Oosterse kulture en die res van Afrika. Baie van die Oosterse invloed het uit die geledere van die Kaapse Maleiers gekom en die Afrika-invloed van die San- en Koikoi en verskeie swart stamme. In hierdie bundel vind ons die immer-geliefde Jakkals-en-Wolf-stories, Hasie Kalbassie, Brommer en By, Tyl Uilspieël, wat dit so geniet om menslike swakhede aan die kaak te stel, en talle ander ander. Stories vol sprankel en humor, wat oud en jonk baie plesier sal verskaf deur baasverteller Pieter W. Grobbelaar, kenner op die gebied van die Afrikaanse volksverhaal. Die uitbundige illustrasies deur Séan Verster dra uitstekend by tot die vermaaklike aspek van die verhale.
Koop Die Mooiste Afrikaanse Sprokies...

Hier's 'n lysie met 'n paar Aksie of Jesus liedjies se woorde.
Ons Kinder Volksliedjies is besig om weg te kwyn en dus is hier 'n lysie saamgestel.

Aksie liedjies   Jesus liedjies


  




 

 

 

Die boek wat nie wou brand nie

Bettie het haar Pappie baie liefgehad. En sy het gevoel dat haar Pappie, alhoewel sy nog sewe boeties en sussies het, haar die liefste gehad het,  van hulle almal. Moontlik het sy so gevoel omdat sy die oudste was.

Pappie was 'n predikant, en onder sy kosbaarste besittings was 'n Bybel wat 'n vriend hom jare gelede present gegee het. Hy het altyd daardie Bybel by die kerk en by die huisgodsdiens gebruik. 

Eendag, toe Bettie en haar Pappie alleen in die studeerkamer was, het hy ewe ernstig aan haar gesê: "Bettie nie een van ons weet wat in die toekoms mag gebeur nie, maar as daar iets verkeerdloop-as-e-e-daar iets met my gebeur-"

"Moenie so praat nie, Pappie", het Bettie hom in die rede geval: "daar sal niks met Pappie gebeur nie."

"Nee, ek hoop nie so nie," het Pappie met 'n glimlag gesê, "maar as daar iets met my gebeur, dan moet jy my Bybel vir jou vat as jou eie."

"Baie dankie, Pappie," ek sal dit my hele lewe lank op prys stel."

Van daardie dag af het Bettie spesiale belang gestel in die Bybel, al het haar Pappie dit nog gebruik soos in die verlede. Met tye het sy na die studeerkamer gegaan en die Bybel sorgvuldig afgestof, en ook so bietjie daarin gelees. Sy het gevoel dat dit alreeds haar boek was, en dat dit altyd vir haar 'n aandenking van haar Pappie sal wees.

Nie lank daarna nie het haar Pappie siek geword. Die maande het verbygegaan en sy toestand het vererger. Eendag, nadat hy almal gegroet het, het hy heengegaan.

Bettie was verskriklik hartseer, en haar enigste troos was die gedagte dat Pappie sy Bybel - sy kosbaarste besitting - aan haar gegee het. Sy het dit daar op die tafel in die studeerkamer gelaat waar dit gelê het, omring van al die ander boeke in die biblioteek. 

Elke dag het sy na die sitkamer ggaan om 'n bietjie daarin te lees. Daar het trane in haar oë gekom by die gedagte dat dit sy boek was en dat hy dit spesiaal aan haar gegee het.

Maar eendag het daar 'n vreeslike ding gebeur. Terwyl hulle nog gesit en praat het, het hulle skielik die brandweer gehoor, en haar vriendin het gesê: "Ek wonder wie se huis dit vandag is?"

Hulle het by die venster uitgekyk, en skielik het Bettie gegil.

"Dit is ons huis!" het sy uitgeroep. "Kyk net die vlamme!"

Hulle het so vinnig as wat hulle kon daarheen gehardloop. Daar was al 'n hele komp mense, en twee brandslange was op die vlamme gerig onderwyl brandweermanne vensters stukkend slaan in 'n poging om nog iets uit die huis te red.

Bettie wou sommer deur die skare breek om die huis binne te gaan, maar die mense het haar gekeer. Sy het 'n polisieman gevra om haar te help om in die brandende huis te kom. 

"Daar is iets in die huis wat ek moet red," het sy gesoebat.

"O, nee, juffroutjie, jy kan nie daar ingaan nie. Dis die ene vlamme daar binne en jy sal tot houtskool verbrand," het hy gesê.

"Maar ek moet ingaan," het Bertie gesê, "ek moet ingaan, los my!"

"Dit spyt my," het die polisieman gesê, "dis onmoontlik; kyk selfs die brandweermanne het nou opgegee."

Bettie was vreeslik hartseer. Sy het nou besef dat dit 'n hopelose saak was. Hoe spyt was sy dat sy nie liewer by die huis gebly het nie, sy moes nooit daardie namiddag uitgegaan het nie!

Daar tussen al die mense het sy vreeslik eensaam gevoel; sy het nog nooit so troosteloos in haar hele lewe gevoel nie. Toe het sy aan Jesus gedink.

"Ag, Here," het sy in haar enigheid gebid, "red tog my Bybel - Pappie se Bybel. Moenie laat dit verbrand nie. Moenie laat dit verbrand nie! Asseblief Here!"

So het sy aangehou bid terwyl die vlamme in die gebou gedreun, en daardie ou huis wat sy so liefhet, verteer het. Na sowat twee uur, toe die vuur hom heeltemal uitgewoed het, het nog net die twee gewels gestaan.

'n Hele ruk later is lede van die gesin toegelaat om in die puin rond te kyk, en Bettie was een van die eerstes om dit te doen. Sy het dadelik die plek gesoek waar die studeerkamer was - sy het dit maklik herken aan die verbrande boeke wat aan haar Vader behoort het.

Dit het vreeslik gelyk!

Sy het die plek herken waar die lessenaar gestaan het - Pappie se lessenaar, en daar het sy gesoek. 

Wat sien sy daar! Kan dit wees? Dit kan nie wees nie!

Ja, dit was haar Bybel. Pappie se Bybel! 

Vinnig het sy dit opgetel en daarin begin blaai. Daar was geen teken van brand aan daardie Bybel nie; sy het dit goed beskou, maar dit was glad nie beskadig nie!

Ek weet dat dit die waarheid is, want Bettie het dit self aan my vertel. Sy het my ook iets anders vertel. Sy het gesê dat daardie Boek van haar, wat so wonderbaarlik bewaar gebly het, die middelpunt geword het in die nuwe huis wat die gesin laat bou het. Al die kinders het daarin belang gestel, en hulle het ag geslaan op die boodksappe daarin. Almal van hulle het hulle harte aan die Here gegee. Vandag is al daardie kinders groot, maar telkens kom hulle terug na daardie huis om te kom kyk na die Bybel wat uit die brand gered was - daardie wonderlike Boek wat nie wou brand nie.
 
Slaaptyd stories
Deel Vyf

deur Arthur S. Maxwell

 
Die Klein Prinses

(Vind die Audio Weergawe onderaan die blad)

Maggie! Maggie! Dit is Moeder wat roep - sy het haar dogtertjie geroep vir die middagete. 

Maar daar was geen antwoord nie.

"Maggie! Maggie!" het Moeder weer geroep. Nog was daar geen antwoord nie.

"Dis snaaks," het Moeder vir haarself gesê. "Ek wonder waar sy is? Ek sal moet gaan kyk."

Moeder het gaan soek, en eindelik het sy Maggie agter die afdak in die tuin gevind. Sy was besig om haar popwaentjie heen-en-weer te stoot, en sy het geprobeer om baie belangrik te lyk. 

"Maggie, het jy my nie hoor roep nie?" het Moeder stroef gevra. 

"Ek glo nie ek het nie," het Maggie geantwoord onderwyl sy maar nog heen-en-weer stap. "Ek mag gehoor het, maar sien Moeder-"

"Maar jy moet verstaan dat wanneer ek jou vir ete roep, moet jy dadelik kom."

"O", het Maggie met die grootste erns gesê, "ek is 'n prinses."

''n Prinses!" het Moeder gesê terwl sy hard geprobeer het om nie te lag nie. En van wanneer af?"

"Van netnou af."

"Nou goed my klein prinses, maar sorg dat jy kom eet wanneer Moeder roep." 

"Ek kan nie kom nie," het Maggie nog net so ernstig gesê, want, sien Moeder, prinsesse maak net soos hulle wil."

"Maak hulle?" het Moeder uitgeroep. "Wel, ek glo nie herdie een gaan maak soos sy wil nie. Kom nou dadelik; jy kan na ete weer gaan speel."

Maggie het nou besef dat dit baie raadsaam sal wees om dadelik te gaan eet, want dinge kan miskien verkeerd loop.

Ongelukkig was die ete nie na Maggie se sin nie, en sy het besluit dat sy geen kos wil hê nie. 

"Maggie, eet jou kos," het Moeder gesê. "Jy sal jouself net siek maak as jy nie eet nie. Jy het dan altyd jou boontjies en ertappels en kool so smaaklik geëet."

"Maar ek het nie vandag lus daarvoor nie," het Maggie gesê, onderwyl sy haar bord kos wegstoot soos watter groot dame. 

Moeder het strak na haar gekyk.

"Wel, wat makeer nou?" het sy gevra. 

Maggie het geantwoord: "Ek is 'n prinses, en as ek my kos nie wil hê nie, hoef ek dit nie te eet nie."

"Is jy gesond?" het Moeder gevra.

"Ja, ek is heeltemal gesond, dankie," het Maggie uit die hoogte geantwoord, sodat moeder nie kon help om te lag nie. 

"Maar, Maggie, waar kom jy aan hierdie verspotte idee? Wie het jou vertel dat jy 'n prinses is?"

"O, dis 'n geheim."

"Ek weet, maar jy sal tog seker vir Moeder vertel, sal jy nie?" 

"Sal Moeder belowe om dit aan niemand te vertel nie?"

"Ja, ek belowe."

"Wel, die dogtertjie langsaan het my vertel. Sy sê dat my naam Maggie is, en dat dit 'n verkorting van Margaret is, en dat Margaret 'n prinses is. Dus is ek ook 'n prinses, en ek hoef bevele van niemand te neem nie. Ek kan eet wat ek wil, en sê wat ek wil, en -"

"Maggie, dit is 'n belaglike idee wat jy in jou kop het. Dink jy nou regtig dat prinsesse maar kan maak net soos hulle wil."

"Kan hulle dan nie?" het Maggie weer baie ernstig gevra. "Dit is wat daardie dogtertjie my vertel het."

"Maar wat weet sy daarvan?" het Moeder gesê. "Baie meer nog as ander dogtertjies moet prinsesse versigtig wees wat hulle doen - veral as hulle nog klein is. Toe prinses Margaret so oud soos jy was, moes sy haar stip hou aan die program wat vir haar opgestel was. Sy moes byvoorbeeld elke oggend om sewe-uur uit die bed wees-"

"En het sy dadelik opgestaan?"

"Natuurlik het sy," het Moeder gesê. "Daarna het sy gaan eet, toe 'n bietjie gaan wandel, en toe met haar lesse begin."

"Moet prinsesse dan ook skoolgaan?"

"Hulle moet baie hard leer," het Moeder geantwoord. "Alhoewel Prinses Margaret nie na 'n gewone skool gegaan het nie, het sy 'n spesiale onderwyeres gehad wat haar geleer het. Die hele oggend moes sy skoolgaan, en om eenuur moes sy haar middagete geniet. Dit was haar nie geoorloof om te sê dat sy nie van die voedsel hou nie. In die namiddag het sy weer gaan wandel, en daarna was dit weer lesse tot vieruur. na die aandete het sy vroeg bed toe gegaan."

"Dus kon sy nie maak net wat sy wil nie," het Maggie half teleurgestel gesê

"Nee, glad nie," het Moeder gesê. "Dit sou nie vir haar goed gewees het nie. Jy sien, die koning en die koningin wou hê dat sy as deftige, goedgemanierde dame moes groot word; as sy stout en ongepoets was, sou sy so groot geword het en dan sou niemand van haar gehou het nie."

Toe was daar 'n rukkie stilte. 

"Moeder," het maggie eindelik gesê, "is Moeder heeltemal seker? Moet alle prinsesse baie soet wees?"

"O, ja," het Moeder gesê

Ek dink dat ek dan maar sommer 'n gewone dogtertjie wil wees," het Maggie peinsend gesê.
 
Slaaptyd stories
Deel Vier

deur Arthur S. Maxwell

kinderstorie:Mila Muis en die toebroodjiesdeur Anna EmmMila Muis woon in die kombuis van die mooiste huis in Vioolstraat. Mila Muis is altyd honger, en saanswanneer die mense van die huis slaap, sluip sy uit haar gaatjie in die muur opsoek na ietsie om teeet. Partykeer is daar broodkorsies langs die broodplank. Partykeer is daar appelskille langs diewasbak. En partykeer is daar halfgeëete lekkertjies of chips in die drommetjie langs die stoof! Dieklein seuntjie wat in die huis woon, klein Hendrikkie, eet nie altyd sy lekkertjies op nie.Maar vanaand is daar net mooi niks om te eet in die kombuis nie. Die bediende het baie mooiopgeruim en alles weggepak. Mila Muis kyk oral in die kombuis, maar sy sien niks. Sy ruik met haarspitsneusie in die lug... en... ja, sy ruik iets! Iets lekkers! Sy soek en sy soek, en dan kry sy dit: agter dieblikke is ‘n blou bakkie, en bo-op die blou bakkie is ‘n deksel, en onder die deksel is... twee heerliketoebroodjies met kaas! Mila Muis is só honger dat sy sommer altwee toebroodjies dadelik opeet!Vroeg die volgende oggend kom die mamma van die huis by die kombuis in. Sy gaan na die blikkeen loer in die blou bakkie vir die toebroodjies. Dan trek sy haar asem vinnig in! Waar is dietoebroodjijes dan? Dis weg!Mila Muis steek haar klein neusie by die gaatjie uit en sy hoor hoe die mamma van die huis vir diepappa sê: “Ek het twee toebroodjies met kaas vir klein Hendrikkie gemaak, en dit hier in die bakkiegesit. Dit was ons laaste brood, en nou is dit weg! Wat gaan ek nou vir hom gee om te eet? As hywakker word gaan hy baie honger wees!”O, en nou voel Mila Muis só sleg oor sy die klein seuntjie van die huis se broodjies opgeëet het! Sy hetnie geweet dis die laaste broodjies nie! Sy sal aan ‘n plan moet dink, anders gaan klein Hendrikkievreeslik huil as hy wakker word.En net daar kry Mila Muis mos die beste plan in die hele wêreld! Sy skarrel by die venster uit, op teendie muur, al met die geut langs tot daar by die groot ou boom waar al haar vriende woon.Toe die mamma van die huis ‘n rukkie later in die kombuis kom, staan daar ‘n bakkie met heerlikedruiwekorrels wat die voëltjies in die boord gaan pluk het, heerlike soet aarbeie wat die erdwurms uitdie grond gegrawe het, vars neute wat die muise uit hulle spens gaan haal het, en sowaar tweeheuning-beskuitjies wat Mila Muis se skoenlappervriende by die eekhorinkies gaan vra het! Dit was die lekkerste ontbyt wat klein Hendrikkie nog ooit gehad het, en die mamma en pappa vandie huis het nog lank gewonder hoe díe heerlike kos dan in die bakkie beland he
 
Waar kom die wurmpie vandaan?
deur Anna EmmOp ‘n dag speel ‘n klein seuntjie in die tuin. Hy bou ‘n huis met ‘n kartonboksie op die grond enmaak paadjies vir sy karretjies tussen die bome deur. Die volgende oomblik val daar iets op syskouer! Hy voel daaraan en dis sag en kriewelrig. Hy vat dit in sy handjie en kyk daarna. Dis ‘nwurmpie!“Waar kom die wurmpie vandaan?” vra die seuntjie en kyk op in die lug. Maar al wat hy sien is dieboom se takke en die wolke en die lug. Miskien het die wurmpie nie ‘n huisie nie. Miskien wil diewurmpie met hom speel!Die seuntjie sit die wurmpie in die kartonboks-huisie en speel verder met sy karretjies in die sand.Maar toe hy later na die wurmpie soek is dit weg! Die kartonboks-huisie is leeg en daar is nou ‘n kleingaatjie in die boks. Die seuntjie loer deur die gaatjie en sien die wurmpie op die grond.“Hoe kom jy daar?” vra die seuntjie en tel die wurmpie op. Miskien wil die wurmpie saam met homhuistoe gaan vir aandete! Hy sit die wurmpie in sy hempie se sak en stap aan na die huis toe. Maarhy vergeet van die wurmpie, want sy mamma het heerlike kos gemaak en hy is honger. Die seuntjieeet al sy kos op en toe sy magie weer vol is onthou hy van die wurmpie. Hy loer in sy sak, maar diewurmpie is weg! Die sak is leeg! Daar is nou ‘n klein gaatjie in die sak. Die seuntjie loer deur diegaatjie in die sak en sien die wurmpie op sy skoot.“Daar is jy!” roep hy en tel die wurmpie op. Miskien is die wurmpie vaak. Die seuntjie gaan na sykamer toe en trek sy pajamas aan. Dan sit hy die wurmpie versigtig in ‘n plastiekbakkie op sy tafel,en gaan bad. Maar o aarde, toe die seuntjie terugkom in sy kamer is die wurmpie weg! Die bakkie isleeg! En kan jy dit glo? Daar is sowaar ‘n klein gaatjie in die bakkie! Die seuntjie loer deur die gaatjieen sien die wurmpie bo-op ‘n stukkie papier op die vloer. Hy tel die papier met die wurmpie op enbekyk dit van naby. En raai ‘n bietjie wat sien hy?Die wurmpie is sowaar besig om ‘n gaatjie regdeur die papier te vreet! En toe die gaatjie grootgenoeg is, val die wurmpie ploemps! daardeur tot op die seuntjie se voet! Die seuntjie lag tog telekker en sê: “Ek weet waar die wurmpie vandaan kom! En ek weet hoe hy op my skouer belandhet.”Die volgende oggend gaan sit die seuntjie die wurmpie terug daar hoog boom in die boom – bo-opeen van die groen blare. En kan jy dit glo? Hierdie keer vreet die wurmpie nie weer ‘n gaatjie nie.Sy magie is lekker vol en hy kruip stadig oor die blaar... sonder om daaraan te kou!


Kino in die hospitaal
deur Wietske BoonKino Skilpad lê op’ngroot palmblaar en die woudgoggas het vir haar n sagte kussing van blomblare gemaak. Kino Skilpad voel glad nie lekker nie, want as sy haar mondjie oopmaak, kom daar snaakse geluide uit. Haar keel is so seer en haar skilpadlyfie is baie warm. Connie Haas druk n stokkie teen Kino se kop. Die stokkie wys hoe warm Kino se lyfie is. Dis nie goed vir skilpaaie om so warm te word nie. Die warmte maak skillie nog sieker voel. Connie skud haar kop en daar is n frons op haar gesig. Kino kan sien Connie Haas is nie gelukkig nie.“Tyd vir jou medisyne,” sê Connie.Kino hou nie van medisyne drink nie, maar sy weet dat dit haar gesond gaan maak.Die medisyne lyk soos aarbeisap. Connie het dit in n ronde blaartjie gegooi sodat Kino dit makliker kan drink.Naaldekoker kom verby gevlieg om te vertel dat hy Dr. Uil gesien het. Dr. Uil is op pad, maar hy help net eers vir Lucia Nagtegaal, wat ook n keelseer het.Connie was reg, die medisyne maak Kino Skilpad beter voel en toe Connie weer die stokkie teen Kino se kop hou, was sy gelukkig nie meer so warm nie.Toe Dr. Uil daar aankom wou hy weet wat fout is. Kino en Connie verduidelik vir Dr. Uil van die vreemde geluide wat uit Kino se keel kom as sy hoes. Dr. Uil maak sy tas oop en haal eers n stetoskoop uit omna Kino se hart en longe te luister.Doef, doef, doef maak Kino se hartjie deur die stetoskoop.“Haal diep asem, Kino,” sê Dr. Uil.Kino haal diep asem.Kopiereg Hierdie dokument mag nie sonder toestemming gebruik, versprei of gedupliseer word nie. “Hoes,” vra Dr. Uil.Kino probeer haar bes om n hoes te gee.Dr. Uil bêre sy stetoskoop en haal n houtstokkie uit sy tas.“Dit lyk soos n roomysstokkie,” dink Kino.“Ek wil graag in jou keel kyk, Kino. Maak oop jou mond, steek jou tong uit en sê aaaa...”Weer doen Kino wat Dr. Uil vra.“Kino, dit lyk vir my jy het bronchitis. Ons sal vir jou medisyne moetgee en stoom om jou longe gesond te maak. Ongelukkig sal ons vir jou n drup moet aansit sodat die medisyne jou vinniger gesond kan maak. Dan kan jy vinniger huis toe gaan. Maar eers wil ek hê Connie Haas en Mou Meerkat moet x-strale van jou longe vat.”Kino lyk nie gelukkig nie, maar Dr. Uil weet beste.Dr. Uil en Connie kry alles reg om vir Kino n drup op te sit. Kino is bitter bang vir die ding, maar omdat sy so stil lê het was dit eintlik nie so seer nie en was Connie en Dr. Uil vinnig klaar.Toe Kino Skilpad vir die x-strale moet gaan, verduidelik Connie dat die x-strale net n foto is van hoe ons lyfies binne lyk. Dan kan Dr. Uil sien hoe haar longetjies lyk, want hy kan tog nie van buite sien hoe dit binne lyk nie.Mou Meerkat het Connie met die x-strale kom help en hy was baie gaaf. Hy het gevra dat Kino baie stil moet lê sodat hy die foto kan neem.Dr. Uil het na die tyd teruggekom en die fotos in die lig gehou om die prentjie van Kino se longe te kyk. Dr. Uil knik sy kop tevrede, want sy diagnosewas reg.Dr. Uil moes weer ander diere gaan help, maar Connie het by Kino gebly om seker te maak sy drink haar medisyne en dat sy nie weer koors kry nie. Connie het ook vir Kino Kopiereg Hierdie dokument mag nie sonder toestemming gebruik, versprei of gedupliseer word nie. gehelp om die stoommasker oor haar neus en bekkie te hou, omdat die stoom ook help om Kino gesond te maak.Elke dag het Kino bietjie beter gevoel en nie lank daarna nie kom Naaldekoker weer met die nuus dat Dr. Uil op pad is. Hierdie keer is Dr. Uil tevrede toe hy na Kino se longe luister.Kino kon huis toe gaan, maar sy het belowe om al haar medisyne by die huis klaar te drink, want Kino wil nie weer siek longe hê nie.


kinderstorie:Die slak-resiesdeur Anna EmmDaar was eenmaal vier slakkies met slymerige lyfies en ronde doppies. Wanneer die ander diertjiesen dingetjies in die tuin resies gejaag het, moes die slakkies altyd eenkant sit en kyk. Want slakkies iste stadig om resies te jaag teen ander goetertjies.“Dis onregverdig!” sug Sally Slakkie. “Ek wil ook resies jaag.”“Ja, dis beslis onregverdig!” sê Sarel Slakkie en Santie Slakkie nou ook.Maar Simon, die slim slakkie, sê: “Maar hoekom hou ons nie ons eie resies nie? Ons kan tog seker ‘nslak-resies hou en teen mekaar resies jaag?”Die ander drie slakkies dink dis ‘n baie goeie idee, en hulle spreek af om vroeg die volgende oggendtussen die rankplante teen die muur bymekaar te kom. Hulle sal dan resies jaag al met dierankplante se stingels langs, en kyk wie wen.Sally Slakkie is nie lus vir verloor nie, en sy vra skelmpies vir Naaldekoker om saam te kom. Hy moetagter haar dop wegkruip en haar stoot met die rankplant langs. Dan sal sy sekerlik wen! Sarel Slakkiehet ook ‘n plan om te wen. Hy vra vir Spinnekop om ‘n lang draadjie te spin waaraan hy kan vashou.Dan kan hy homself vinnig aan die draadjie trek tot by die wenstreep. En Santie Slakkie vra sommerdie miertjies om onder haar glibberige lyfie in te kruip en haar stilletjies tot by die wenstreep te dra.Niemand sal mos sien nie!Maar o aarde! Toe die slak-resies begin – al met die stingel van die rankplant langs – is Sally Slakheeltemal te swaar vir Naaldekoker om te stoot! Hy buzz en zoem en stoot en stoot, maar hulle komnie weg teen die opdraendes nie. Sarel Slakkie trek homself teen die stingel op aan die spinnerak sedraad, maar toe die afdraendes kom, swaai hy heen en weer in die lug aan die draad! Hy kan nieweer af nie! En die arme Santie Slak... Die miere se pootjies glip en gly só teen die gladde stingelmet die slymerige slak op hulle ruggies, dat hulle almal van die stingel afval en in ‘n hoop op diegrond beland!En Simon die slakkie? Hy gly-gly teen die stingel op soos net ‘n slakkie kan, en gly super-vinnig teendie stingel af soos net ‘n slakkie kan! Hy is só vinnig en hy wen só maklik, dat al die ander diertjies endingetjies hom nooi om aan hulle volgende resies deel te neem.

 

Babas orals!deur Anna EmmBenjamin het ‘n baba-boetie. Sy naam is Jan. Al Jan se maatjies is ook nog klein babatjies. Jan semaatjie, Isak, verjaar vandag. Hy word een, en sy mamma hou ‘n partytjie.“Jy is ook genooi na Isak se partytjie, Benjamin,” sê sy mamma. “Kom, ons moet vir jou mooiaantrek.”“Ek is nie lus om te gaan nie,” brom Benjamin. “Dis ‘n baba-partytjie en daar gaan net babas wees.”“Ag, toemaar,” lag Benjamin se mamma. “Dit gaan lekker wees. Jy sal sien.”By die partytjie is daar babas orals! Hulle sit in hulle eetstoeltjies en kruip rond op sagte kombersies.Party babas kwyl net en party huil net en party slaap net! Benjamin is verveeld.“Dis net babas orals!” brom hy. “Hier is niks om te doen nie.”Benjamin kyk rond, maar hy sien nêrens ander kinders met wie hy kan speel nie. Skielik kom een vandie mammas na hom toe en sê: “Hallo Benjamin! Jy kan maar my babatjie se pakkie chips kry, wantsy is nog te klein om dit te eet.” Die mamma gee vir Benjamin die pakkie chips. Nou het hy tweepakkies – sy eie ene en die babatjie s’n!“Benjamin?” vra ‘n ander mamma. “Wil jy nie hierdie babatjie se bordjie lekkergoed hê nie? Sy hetnou aan die slaap geraak en nou gaan niemand dit eet nie.” Die mamma gee vir Benjamin ‘nbordjie lekkergoed. Nou het hy twee bordjies! Sy eie – en die babatjie s’n!Een van die ander mammas gee vir Benjamin haar baba se ballon, want die ballon maak die bababang. Nou het Benjamin twee ballonne! En toe dit tyd is om die roomyse te eet, kry Benjamin tweevan die babatjies se roomyse, want hulle is nog te klein om dit te eet! Toe die verjaardagkoek gesnyword, kry Benjamin drie ander stukkies koek, want drie van die babatjies is nog te klein om koek teeet. Benjamin sit alles in ‘n sak wat Isak se mamma vir hom gegee het.Toe dit tyd is om huistoe te gaan het Bejamin vyf pakkies chips, drie bordjies lekkergoed, vier stukkieskoek, ses ballonne, en tien stokkielekkers in sy sak! In die kar oppad huistoe sê Benjamin se mamma:“Daar was ‘n speelgoedkarretjie in Jan se lekkergoed-pakkie, maar jy kan dit maar kry. Hy is nog teklein om daarmee te speel.”Nou glimlag Benjamin groot. Baba-partytjies is groot pret, dink hy. Baba-partytjies is die bestepartytjies ooit! Want daar is babas orals, en net een seuntjie wat oud genoeg is om partytjie te hou!
Kopiereg Hierdie dokument mag nie sonder toestemming gebruik, versprei of gedupliseer word nie. ‘n Operasie in die wouddeur Wietske BoonLucia Nagtegaal was 'n bruin voëltjie. Haar nes was in n groot boom in n pragtige woud. Wanneer sy haar bekkie oopgemaak het, het sy die mooiste liedjies gesing. As Lucia begin tjirp het, het al wouddiere gestop waarmee hul besig was en bewonderend na die hoë boomtoppe gestaar waar die pragtige musiek vandaan gekom het.Eendag het Lucia met 'n baie seer keel opgestaan. Sy het steeds uit haar nes gewip, haar vere reggeskud en op haar tak gaan sitom te sing, maar o wee! Haar tjirp was maar net 'n tjtj...tjitji...tjietjie...Die diere in die woud was ongemaklik met die vreemde geluide in hulle woud. Hulle het hul goedjies opgepak en gevlug. Naaldekoker, wat bo die woud-poel gedraai het, het na sy nes toe gevlieg en Manie Muishond het terug in sy gat geklim. Dit is Skiri Eekhoring wat besluit het om ondersoek te gaan instel na die ge-tjtj...tjitji...tjietjie. Hy het rats van tak tot tak gewip en daar het hy vir Lucia al huilende op haar tak gesien staan."Wat skort, Lucia?" het Skiri bekommerd gevra."Ag," het Lucia geantwoord, "my keel is so vreeslik seer. Ek kan net tjtj...tjitji...tjietjie... My mooi getjirp is vandag weg. Ek kan nie meer sing nie. Kyk, al die wouddiere gaan kruip weg as ek my bekoopmaak.""Moenie huil nie, Lucia. Ek weet jy is hartseer, maar ek is seker Dr. Uil sal 'n wyse plan kan maak."Skiri is rats daar weg om Dr. Uil se raad te gaan vra.Teen skemer het Skiri en Dr. Uil by Lucia se nes aangekom. Dr. Uil kan natuurlik baie beter sien in die donker. Hy het sy brille opgesit, sy tas onder sy vlerk uitgehaal en dit oopgemaak.Kopiereg Hierdie dokument mag nie sonder toestemming gebruik, versprei of gedupliseer word nie. "Sê Ahhh," het Dr. Uil vir Lucia gevra, sodat hy in haar keel kon kyk."Nes ek gedink het," het Dr.Uil uitgeroep."Daar is kieme in jou keel. Dit is húlle wat jou so siek maak."Dr. Uil het weer in sy swart tas gekyk en hierdie keer 'n masker en ballon te voorskyn gebring. Hy het vir Lucia gevra om die ovaal masker oor haar bek te sit en die ballon deur die masker op te blaas."Maar ek is bang, Dr. Uil!""Ekweet jy is bang Lucia, maar ons sal mooi na jou kyk."Die masker het haar mond sleg laat proe, maar dit was nie lank nie toe slaap Lucia vas."So ja," het Dr. Uil gesê. "Skiri, laat ons die kieme uithaal."Tjoef, tjaf was die kieme in Lucia se keel uitgehaal en kort daarna het sy wakker geword."Wat gaan aan?" wou sy weet."Ons het die kieme in jou keel uitgehaal terwyl jy geslaap het. Binnekort gaan al die wouddiere weer jou musiek bewonder. Rus eers 'n bietjie sodat jou keel heeltemal gesond kan word.Skiri sê hy sal 'n ogie oor jou hou totdat jy beter is."Net 'n paar dae later het al die diere fees gevier omdat Lucia weer haar tjirpende ou self was. Lucia het musiek gemaak, eekhoring het gedans, naaldekoker het sy lug-toertjies gedoen en al die anderwouddiere het eetgoed uitgepak vir die grootste fees wat die woud nog ooit gehou het."Ons het jou lied van die nagtegaal gemis Lucia. Ons is so bly jy kan weer vir ons sing!" het al die wouddiere gejuig.

 

       

Die Mooiste Afrikaanse Sprokies

uitgesoek en oorvertel deur

PIETER W. GROBBELAAR

ANTJIE SOMERS

As paaiboelie het Antjie Somers geen gelyke in Afrikaans nie. “Oppas vir Antjie Somers. Hy sal jou in sy groot sak stop!” is ‘n dreigement wat baie geslagte kinders soet gehou het. “Hy”, ja, want Antjie Somers was natuurlik eintlik ‘n man. Hier volg een van die talle maniere waarop die verhaal vertel word.

Andries Somers was ‘n voorman onder die Strand se vissers. Wie kon soos hy ‘n treknet vasvat? Wie ‘n spaan met hom laat sak? Nee, niemand nie. En dapper! Waar iemand in gevaar gekom het, was Andries Somers eerste by. Nes ’n see-eend kon hy swem, en talle drenkelinge het hy land toe gebring as die ander al lankal moedverlore was.

Maar afguns is daar altyd, en skoorsoek is g’n kuns nie. Eendag op die strand pak ‘n klomp vissers hom. Andries laat nie met hom speel nie. Hulle kantel voor sy vuiste. Maar een bly te stil lê waar sy kop ‘n klip gevang het. Andries moet vlug, anders hang die mense hom dalk op. Hy kry ‘n sisrok van sy suster. Hy bind ‘n kopdoek om. Hy haak ‘n mandjie oor sy arm. Toe kies hy koers, diep na die binneland.

Op ‘n plaas agter die berge gaan verhuur hy hom. En hy werk weer soos net hy kan. Van die voordag staan hy bak tot dit laat word in die aand. Wingerd spit of pars of mis ry maak nie saak wat hulle doen nie. Andries Somers word die voorman op die plaas.

Maar die afguns het ore en ‘n storie baie tonge, en voor lank skinder die mense kliphard onder mekaar.

“Vertel ons,Andries, van die sisrok wat jy in jou huis wegbêre,” por die ene.

“En die kopdoek, Andries Somers ? Of is jou naam dalk eintlik Antjie?” pla ‘n ander.

“Antjie Somers! Antjie Somers!” koggel hulle.

Andries Somers laat sy kop sak, en hy maak of hy nie hoor nie, want naderhand kom daar weer nuwe rusie. Maar die derde dag toe kan hy hul geterg nie meer verduur nie. Daardie aand pak hy sy bondel, en hy maak dat hy daar wegkom.

Nooit weer keer Andries terug nie. Nêrens slaan sy spoor weer uit nie. Hy het soos ‘n gees verdwyn.

Maar al meer vertel die kinders wat saans teen die berg gaan hout soek van ‘n ou vrou wat hulle verjaag.

“Sy het ‘n rooi kopdoek,” sê een kind.

“Sy het ‘n sisrok met groot strepe.”

“Sy het ‘n lang mes.”

“En ‘n mandjie.”

“En ‘n streepsak oor haar skouer.”

“Sy wil ons vang en in haar sak prop!” kerm hulle.

En die grootmense skud kop. “Dit is daardie Antjie Somers,” sê hulle onder mekaar.

Andries Somers raak vergete: dapper Andries, flukse Andries, Andries wat altyd kon voorvat. Maar een storie word al luider en geslagte lank herhaal: “Antjie Somers! Antjie Somers, Antjie Somers gaan jou vang!”

Die Mooiste Afrikaanse Sprokies

uitgesoek en oorvertel deur

PIETER W. GROBBELAAR

DIE HEKS VAN HEXRIVIER

Hierdie mooi, eg Afrikaanse sprokie is ‘n goeie voorbeeld van ‘n verhaal wat waarskynlik rondom die naam van ‘n bepaalde plek ontstaan het.

Elise was ‘n mooi meisie. In die hele vallei het geeneen soos sy gewoon nie. Maar ongelukkig het sy aan hoogmoed gely. As die jong mans by haar kom kuier, het sy net haar neus opgetrek en gesê: “Eendag sal die mooiste en beste en fluksste jong man my kry.”

Op ‘n dag kom Flip met sy sweetvos by die plaas aangery. Dit is goed om hom te hoor lag. Hy is mooi om na te kyk. Vir werk is hy nie bang nie. Toe weet Elise: dis die jong man vir wie sy gewag het. Maar sy is nog hoogmoedig. “Gaan pluk vir my die bloedrooi disa wat op die hoogste krans groei,” sê sy. “Dan sal ek weet dat jy my liefde werd is.”

“Ek gaan,” sê Filip.

Flip klim en klim, en soos hy klim, sing hy.

Flip klim en klim met ‘n lag.

Flip klim tot hy tussen die kranse kom. Daar ver op ‘n rotspunt wat oor die diepste afgrond hang, blom die rooi disa.

“Nou gaan ek jou pluk,” sê Flip. “My bruid wag vir my.”

Maar toe hy vooroor buk, krummel die klippe onder sy voet. Hy gryp, maar dis net die disa wat hy beetkry. Hy stort met die blom in sy hand na benede.

Toe Elise van Flip se dood hoor, breek haar hart. “Filip! Filip!” snik sy, maar dit is te laat. Filip! Filip!” huil sy, maar dit help nie meer nie. “Filip! Filip!” roep sy, en sy klim die berg in na die plek toe waar die bloedrooi disa gestaan het.

Toe sy die geknakte blomsteel sien en die spore van Filip se val, kan sy nie meer nie. Filip! Filip!” sug sy en sak inmekaar. En die afgrond gryp haar soos hy Flip gegryp het, en sy val haar te pletter.

En nou nog, vertel die mense, kan jy haar daar sien dwaal. Dis net ‘n skim wat van haar oor is. Haar geroep is ‘n suggie wind. Maar sy kan nie rus vind nie. Elke maanlignag kom sy weer om na haar Filip te soek, al sal sy hom nooit kry nie.

“Dis haar verdiende loon, sê die mense. “Haar hoogmoed het ‘n jong man se lewe gekos. Sy is ‘n heks!”

So het die mooiste jong meisie van die vallei die Heks van Hexrivier geword.

Die Mooiste Afrikaanse Sprokies

uitgesoek en oorvertel deur

PIETER W. GROBBELAAR

WOLF LEER VLIEG

Wolf is moedeloos honger. Elke keer as hy by ‘n dooie dier kom, het Aasvoël lankal die lekkerste vleis afgeëet sodat net die kaal bene vir hom oorbly.

“Ai, Aasvoël,” kla Wolf, “kan jy dan nie vir my sê hoe jy so gou weet as daar iets te ete is nie?”

“Dis maklik, antwoord Aasvoël. “Ek vlieg hoog in die lug en kyk ver oor die aarde uit. Jy kan net tot by die bossies hier voor jou neus sien.”

“Leer my dan ook vlieg,” soebat Wolf.

“Goed,” sê Aasvoël. “Kom klim op my rug, dan kyk jy mooi wat ek doen.”

Aasvoël sprei sy kragtige vlerke, en Wolf meet net vasklou.

“Sien jy, Wolf?” roep Aasvoël toe hulle hoog oor ‘n lap doringbosse sweef. “Dis maklik. Spring nou af en klap met jou bene soos ek met my vlerke.”

Wolf duik deur die lug, maar hoe hy ook al skop en spartel, hy val soos ‘n klip, reg in die doringbosse.

“Eina!” tjank Wolf terwyl hy tussen die klouende takke uitsukkel.

“Laat dit vir jou ‘n les wees!” roep Aasvoël van bo af. “‘n Dier is gemaak om te loop, en ‘n voël om te vlieg. En as diere probeer vlieg, kom daar moeilikheid.”

Die Mooiste Afrikaanse Sprokies

uitgesoek en oorvertel deur

PIETER W. GROBBELAAR

VAT HOM, JAKKALS!

Deur hul aanraking met mekaar, het die sprokies van die verskillende rasse so vermeng dat ‘n mens soms nie weet waar die Boesman storie ophou en die Hottentot invloed begin nie om van die invloed van wit en swart mense nie eens te praat nie. Maar die belangrikste bly die verhaal self.

i. Ryperd

Jakkals is kwaad vir Hasie, want hy het stories by vrou Jakkals gaan aandra, en nou het sy haar man die huis belet. Maar Hasie het baie planne. Op ‘n dag hoor hy Jakkals suutjies in die paadjie draf. Toe gaan lê hy in die bossies en kreun.

“Ha! nou het ek jou, Haas,” sê Jakkals, en hy wil net spring, maar Hasie antwoord met ‘n swak stem: “Vat my maar, Jakkals. Ek is te siek om te vlug. Tel my op jou rug, dan dra jy my huis toe.”

En Jakkals dink dis glad nie so ‘n slegte plan nie. Nou sal sy vrou sommer weer vir hom goed word as hy met ‘n lekker stuk haasvleis daar aankom. Jakkals laat loop in die paadjie af, en Hasie moet net klou.

Jakkals, Jakkals!” roep hy later, “Die vlieë pla baie. Pluk tog vir my ‘n taaibostakkie dat ek hulle kan wegjaag.”

“Ai, jy is lastig,” sê Jakkals, en hy gaan pluk maar.

Toe hulle nog van ver af na Jakkals se huis toe aankom, staan sy vrou al op die stoep om te kyk wat haar man hier kom soek. “Vrou, vrou!” roep Jakkals. “Ek het vir jou ‘n lekker vet haas gebring.”

Maar kyk, nou sit Hasie regop, en die pyne is skielik uit sy lyf, en die taaibostak is ‘n lat. “Vrou, vrou!” koggel hy Jakkals. “Ek het vir jou ‘n lekker vet jakkals gebring!” En die lat gesels oor Jakkals se blaaie, en Jakkals bokspring en galop. Toe wip Hasie van sy rug af en verdwyn lag lag in die bossies.

“Nee, so ‘n treurige man wil ek nie hê nie,” sê vrou Jakkals. “Waar het jy al van ‘n jakkals gehoor wat hom deur ‘n haas laat ry? Maak dat jy wegkom hier voor my oë!”

ii. Die Byekerk

Hasie hardloop na die berg se kant toe, en daar sien hy ’n bynes diep in ‘n klipskeur. “Ai!” sê Hasie:

“Lekker is lekker,

en goed is goed –

en die beste lekker

is heuningsoet!”

En Hasie druk sy kop diep in die skeur om die nes by te kom, maar hy het nie geweet dat Jakkals al weer spoorsny nie. Hy sit nog so, toe Jakkals hom aan die hakskeen gryp. “Ha! nou het ek jou, Haas,” sê Jakkals, en hy wil hom sommer sy tande laat proe.

Maar Hasie het klaar geskrik en ver gedink. “Sjuut, Jakkals,” sê hy. “Kan jy nie hoor my vriende hou kerk nie?”

“Waar?” vra Jakkals nuuskierig.

“Hier in die klipskeur,” sê Hasie. “Ai, hulle sing tog te pragtig!”

“Laat ek hoor, sê Jakkals, en hy druk sommer in. Dan trek hy sy kop weer uit en sê: “Nee wat, hulle kan nie sing nie. Dis net brom brom brom, al op dieselfde wysie.”

“Hulle is seker moeg,” sê Hasie. “Steek ‘n bietjie ‘n stok daar by die voordeur in dat hulle weet ons is hier. Dan moet jy hoor.”

En Jakkals gryp ‘n stok, en hy werskaf in die klipskeur rond, en toe druk hy sy kop in om goed te luister.

Nee kyk, dit was ‘n sonde. Die bye mors met Jakkals; hulle verniel hom; hulle steek hom byna dood. Hy spring om en hardloop, maar die bye het nie tyd nie. Dis net zoem tjiek! “Eina!” Zoem tjiek! Zoem tjiek! Zoem tjiek! “Eina! Eina! Eina!”

Hasie lê soos hy lag. Hy rol soos hy lag. Hy maak hom eintlik seer. Nee, Jakkals sal hom nie gou weer pla nie.

iii. Vat Hom, Jakkals!

Maar Hasie is glad te gerus. Sing sing in die paadjie. Wirts warts om die bossies. Kyk nie waar hy loop nie; trap nie waar hy kyk nie. Woep! daar sit hy. Jakkals het voëlent aan ‘n stomp gesmeer en dit in die paadjie neergesit. Hasie spook, maar hy sit al hoe vaster. Hy ruk en pluk en skree.

Jakkals kom tussen die bossies uit. “Ha! nou het ek jou, Haas!” sê hy. Sy lippe is nog altyd skeef geswel van die bysteke sodat dit lyk asof hy nie kan ophou lag nie.

Hasie word stil. Ja, jy het my, Jakkals,” sê hy. “Nou kan jy my maar opeet. Dis net jammer om so dorstig te sterwe. Ek was juis op pad rivier toe.”

“Nee, ons kan ‘n bietjie gaan drink,” sê Jakkals, wat hom heeltemal droëtong gehardloop het om die strik vir Hasie reg te kry. Hy pluk Hasie los van die voëllym af, gooi hom oor sy skouer en stap af na die drinkplek toe.

Ai, hoe stil en blink is die water nie. Jakkals laat sy kop sak om te drink. Maar kyk die ongeskik! Hierdie ander jakkals druk sommer sy snoet tussenin. “Gee pad!” brom Jakkals.

“Wat is dit nou, Jakkals?” vra Hasie agter sy skouer.

“Kyk self,” sê Jakkals, en hy sit hom neer. En: “Staan soontoe!” sê hy vir die ander jakkals wat hom al weer beskou.

Hasie sien dadelik dat Jakkals met sy eie weerkaatsing baklei, maar hy sê niks nie.

“Loop weg hier!” sê Jakkals vir die derde maal, en hy wys tande, maar die waterjakkals wys terug.

“Moenie so met jou laat speel nie!” roep Hasie. “Kyk hoe staan daardie ander dier se mond soos hy jou uitlag. Vat hom, Jakkals!”

Toe Jakkals gryp, gryp die ander jakkals ook. Toe Jakkals duik, is hulle doems! al twee binne in die water. Toe Jakkals verdwyn, is alles weg.

“Ha ha ha!” lag Hasie:

“Kwaai is kwaai,

en kwaai se voet:

ou Jakkals soek

sy eie bloed!”

En toe Jakkals hangstert uit die water klim, sing Hasie al ver in die paadjie af.

Die Mooiste Afrikaanse Sprokies

uitgesoek en oorvertel deur

PIETER W. GROBBELAAR

SOP MET ‘N SKOP

Die Boesmans het die dierewêreld fyn deurgekyk. Daarom is Leeu vir hulle die sterke, Wolf soos Hiëna dikwels genoem word ‘n wreedaard, en Jakkals ‘n lafhartige bedelaar.

Wolf het ‘n ver pad geloop om by sy broer te gaan kuier. Nou is hy honger en dors. In die veld kry hy Leeu wat aan ‘n sebra lê en eet. ‘n Entjie weg sit Jakkals vir ‘n bietjie oorskiet en wag.

“Naand, Leeu,” sê Wolf vriendelik.

“Mmm,” sê Leeu, en hy kraak ‘n murgbeen oop.

Wolf gaan op sy hurke sit. “Hoe lyk dit, nooi jy my dan nie om ‘n stukkie saam te eet nie?”

“Ja, ja!” sê Jakkals gretig.

“Bly stil!” sê Wolf, en Jakkals gee ‘n paar tree pad.

“Nee,” sê Leeu, en hy skeur aan die boud se sagte vleis.

“Net so ‘n bietjie soppies om op te lek,” vra Wolf. “Ek is baie dors.”

“Ek lek my eie sop,” sê Leeu.

“Net ‘n ou murgbeentjie om af te eet,” soebat Wolf.

“Dè, vat dan!” sê Leeu, en hy gooi vir Wolf die been wat hy nou net self droog gesuig het.

“En wat van my, Leeu ? ” vra Jakkals met ‘n huilstem.

“Trap!” sê Leeu, en hy mik met sy voorvoet.

Jakkals verskuif nog ‘n entjie verder weg.

Wolf vat die been, en hy kou daaraan asof hy tog te lekker kou, en hy suig daaraan asof daar baie te suig is. Toe staan hy op. “Baie dankie, Leeu,” sê hy. “Ek sal sulke vriendelikheid nie vergeet nie. Kom eet gerus môreaand ‘n bietjie sop by my.

“Dankie, ja,” sê Leeu, en hy lek al klaar sy lippe af, want hy weet Wolf se maats is dood as dit by sop kook kom.

“Dankie, ja!” sê Jakkals asof Wolf hom ook genooi het, en hy gaan lek die droë been af wat Wolf laat agterbly het.

Agter die bultjie kom Wolf op ‘n volstruis af. Dis net vere en voete, en toe begin Wolf weglê. Die stuk wat oorbly, sleep hy saam huis toe. “Eet julle maar die vleis, ” sê hy vir sy vrou en kinders. “Laat bly net die bene vir my.”

Die volgende dag sit Wolf twee potte op die vuur vir die volstruissop. Die een pot haal hy betyds af om koud te word, maar die ander pot hou hy kookwarm.

Dis ook nie te lank nie, of hier kom Leeu aan met Jakkals op sy spoor. “Hoe lyk dit met daardie sop waarvan jy gepraat het, Wolf?” vra Leeu.

“Ja, hoe lyk dit met die sop?” vra Jakkals.

“Kom sit maar hier in die ry,” sê Wolf, en hy beduie waar sy vrou en kinders al wag.

Vrou Wolf hou haar mond oop, en Wolf gooi in, maar dis van die koue pot s’n. So gaan hy van kind tot kind, en hulle drink tog te lekker. Maar toe hy by Leeu en Jakkals kom, skep hy twee bekers van die vuurwarm sop uit. “Maak wyd oop!” sê hy, en hulle maak so.

Toe gooi hy.

Leeu wil nog sluk, toe spu hy al dat die sop met so ‘n wye boog staan. “Sjoe, vriend Wolf,” sê hy kortasem, “maar jou sop is vandag darem kwaai.”

“Dis van ‘n volstruis se bene,” sê Wolf. “Dié voël kan mos so kwaai skop. Wil jy nog ‘n bietjie hê?”

“Nee, dankie,” sê Leeu, “ek dink ek loop maar weer.”

En Jakkals? Hy kan nie insluk nie, want dis te warm. En hy kan nie uitspu nie, want hy is te bang vir Wolf. Daarom sit hy so met die trane wat oor sy wange loop. Maar toe Leeu wegdraf, draf hy saam, en hy maak sy mond agter ‘n bossie leeg. En nou nog as Jakkals so in die maanskyn wag dat Leeu klaar moet eet, en hy dink aan daardie sop, dan begin hy sommer van nuuts af huil.

Luister maar mooi.

“Kwaai sop!” tjank Jakkals. “Volstruissop! Volstruissop met ‘n skop!”

Die Mooiste Afrikaanse Sprokies

uitgesoek en oorvertel deur

PIETER W. GROBBELAAR

JAKKALS VERTROU SY EIE VREDE NIE

Op ‘n oggend snuffel Jakkals tussen ‘n klompie bome rond, toe hy Hoenderhaan op ‘n hoë tak gewaar.

“Môre, my liewe Haan,” groet hy vriendelik.

“Môre, Jakkals,” groet Haan. “En waar stap jy dié tyd van die oggend nog rond?”

“Ek soek ‘n bietjie ordentlike geselskap,” sê Jakkals vinnig. “Maar dis nie lekker om so kop in die lug te staan en praat nie. Kom sit liewers hier by my.”

“O nee,” antwoord Hoenderhaan. “Ek ken jou streke. As ek naby jou kom, eet jy my op.”

“Nog nooit nie!” roep Jakkals uit. “Het jy dan nie gehoor nie? Daar is vrede in Afrika onder al die nasies.”

“Koe-ke-le-koe!” lag Haan.

“Hoekom lag jy?” vra Jakkals.

“Nee, ek lag sommer vir al jou stories,” antwoord Haan. “En dan lag ek vir my eie storie ook.”

“Wat se storie is dit?” vra Jakkals.

“Gisteraand het Wildehond my bekruip,” vertel Haan. Toe moes ek die bome in vlug. Nou is Boer met sy honde op pad om my te soek. Ek kan hulle al sien aankom.”

“Nou ja, dan groet ek maar eers,” sê Jakkals skielik haastig.

“Hoekom wil jy al loop Jakkals?” vra Haan. “Ons gesels nou eers lekker. Jy is tog seker nie bang vir die honde nie. Daar is mos vrede in Afrika.”

“O ja,”‘ antwoord Jakkals, “maar die vraag is of die onnosele honde daarvan weet.” En hy draf vinnig weg.

 

 

 

 

CAN YOU COME?

We really hope you can make it.

Sincerely, John & Jane

Powered by Radio Springbok Germany

 
 


W3.CSS Template

Dankie vir julle besoek







steedener weg , 65594 Runkel